Corner
Corner

Liefdadigheid

Ons is so ontsettend geseënd met hierdie wonderlike projek, Lollos.  Dit is egter ook vir ons belangrik om terug te gee aan die gemeenskap.

Van die werk wat ons doen sluit die volgende in:

Ons het ook die afgelope drie jaar ‘n kindjie se skoolfondse en uitgawes geborg by Akkerdoppies kleuterskool in Stellenbosch.

En ons ondersteun ook reeds die afgelope twee jaar finansieel vir Klippies Kids Kleuterskool in Klipheuwel.  Die skool word ondersteun deur Shiloh.

Ons ondersteun gereeld Little Fighthers Cancer Trust.  Die organisasie doen wonderlike werk vir kinders met kanker en hulle families.  Gaan loer gerus na hul webwerf.  Ons skenk DVD’s, en poppe en Lollos het al vir siek maatjies in verskeie hospitale gaan kuier.

Lollos, Lettie en Karla het in 2014 gaan kuier by die wonderlike Carel du Toit sentrum se ‘celebrate your child’ dag. Die sentrum ondersteun kinders met gehoorgestremdheid.

Ons het ’n groep kinders van die Durbanville Kinderhuis geborg om ’n Lollos vertoning by te woon en ook aan elkeen ’n Lollos geskenkie en lekkergoedpakkie gegee.

Gedurende 2014  het ons ’n vertoning gedoen vir Daniel & Friends trust  Die organisasie help families met gestremde kinders finansieël.

Ons het die afgelope twee jaar‘n baie groot finansiële bydrae gemaak tot Die Burger Kersfonds.  Die Burger gebruik hierdie fondse om minder bevoorregte kinders te ondersteun.

Lollos en Lettie het ook gaan kuier by 2014 se Sonskynfees ten bate van Alta du Toit sentrum  en by Bel Porto skool vir gestremde kinders

Ons ondersteun ook die instansie, Reach for a Dream.

Verder skenk ons gereeld DVD’s en CD’s aan minderbevoorregte skole, instansies en  kinderhuise.

css.php