Corner
Corner

Wie is Lollos

Lollos bied fantastiese en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans en nou ook in Engels!  Saam met Lettie, Disco & Karla maak die vriendelike karakter van Lalaland seker kinders oor die hele land word sommer lekker fiks! Lollos en Lettie kom kuier slegs op aarde as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en kom kuier hulle by ons! Gedurende hul lewendige vertonings en vrolike CD’s en DVD’s word daar saam gedans en boonop leer die kleinspan natuurlik ook altyd iets op ‘n prettige manier.

Lollos het in 2008 ontstaan met die uitreiking van hul eerste CD deur Minki Burger en Alta Joubert.  Die liedjies op die CD’s, DVD’s en vertonings is vrolik en ‘funky’ en oud en jonk sal beslis nie stil sit gedurende die opgewekte musiek nie. Daar word natuurlik ook altyd iets geleer aan die kleinspan: ABC, tel, dae van die week, opruim, gesond eet, fiks word, Suid-Afrika, die wêreld en herwin is maar net van die temas.

Minki Burger is nie meer betrokke by vertonings nie maar steeds die kreatiewe brein agter Lollos.  Alta Joubert se laaste verskyning was op Lollos 8 Skaterlag! en vir nou fokus sy eers op haar eie gesin en musiek.

Daar is reeds 8 x Afrikaanse DVD’s uitgereik deur die Lollos span en almal van hulle het platinum status bereik. Die eerste Engelse DVD met die titel, Lollos & Lettie: Tickle, Wiggle  & Giggle! is in 2017 vrygestel.  Hier vermaak Zandi & Choma die kleinspan saam met Lollos en Lettie.

Ons grootste prys is as kinders ons musiek geniet en heerlik sing en dans.  Ons is egter ook al beloon met fantastiese pryse: ‘n SAMA toekenning vir beste Afrikaanse kinder CD en ‘n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste DVD verkope in Afrikaans.

Verder is daar ‘n wye reeks Lollos produkte beskikbaar: Lollos, Lettie & Foempie sagte speelgoed/poppe, T-hemde, strandballe, rugsakke, storieboek, App’s en ’n partytjiereeks.  Ons werk gereeld aan nuwe, opwindende produkte om die reeks uit te brei vir ons oulike aanhangers.

Lollos vertonings is uiters gewild en boonop byna altyd uitverkoop.

 

Ontmoet Lollos se maats:

  • Lettie
  • Disco
  • Tandemuis
  • Karla
  • Minki
  • Alta
  • Boomer
Lettie woon in Lalaland en sy is pienk en pragtig! Sy is ook bekend as die Herwin Koningin. Lettie het die mooiste wimpers en dra pragtige rooi strikkies om haar ore. Sy en Lollos is albei mal oor sing en dans!
Disco het groot kleurvolle hare en is ‘n vrolike, funky karakter! Hy sing Jozi op Lollos 4 en Osoonlaag Rap op Lollos 3.
Muisvriend, ook bekend as Die Tandemuis is beslis die coolste muis in die huis! Hy wissel kinders se tandjies vir Randjies en dan sing en rap hy net so lekker! Hy het ook al ‘n draai gaan maak in Kimberley en is mal daaroor om te gym!
Alta se laaste Lollos DVD was Lollos 8 Skaterlag! en vir nou fokus sy eers op haar eie gesin.
Alta se beste ding is om te sing en dans, En daar is niks wat haar so gelukkig maak om te sien hoe al die maatjies net so baie daarvan hou nie! Ook dat die mammas 'n bietjie kan ontspan terwyl die kleinspan Lollos geniet, fiks en slim word! Sy is die blonde kop met die lang hare.
Minki is baie jonk van gees, veral omdat sy die aksiebelaaide interaksie met klein Lollos-aanhangers so geniet. Sy is die dansende, donkerkop "side-kick" van Lollos en sy span en liedjies is haar lewe.
Boomer is die mooiste swart kat en hy kan te pragtig sing en dans! Hy is ook altyd bietjie stout en is mal daaroor om in die son te en slaap.
Karla is die blonde, nuutste karakter in ons vertonings & DVD’s. Met haar sprankelende persoonlikheid is sy mal daaroor om drukkies uit te deel en Lettie is haar beste vriendin.

 

css.php